STO Forums
Type your search criteria above and click Search to search the forums.
To see if someone has already answered a query similar to yours, click the Search button above and search for terms related to your question.
Verkoping / verhuring
Hi!
Ek sit met ‘n vraag wat ek nie die antwoord van ken nie, want ek het nog net die Sectional title kursus gedoen en nie die HOA nie. Ek sal dit seker eers volgende jaar doen.
Is dit dalk moontlik dat iemand my in die tussentyd kan help met hierdie navrae:
‘n Direkteur van ‘n HOA het my vandag gebel en gevra:
‘n Eienaar besit ‘n seker eenheid al ‘n rukkie [4 jaar] en het nou nog nie die okupasie sertifikaat ingehandig nie. Daar is nou al boetes op sy heffing en hy betaal ook nie sy normale maandelikse heffing nie. Ons het dagvaarding teen hom uitgereik wat hy verdedig het en dit het ‘n hele uitgerekte saak geraak. Maar hy wil dalk nou die eenheid verkoop. Die direkteur het my gevra kan hy, en indien wel hoe kan hy die verkoping van hierdie eenheid voorkom alvorens hy nie die okupasiesertifikaat het nie, dan
Die tweede vraag is:
Die eienaar wil dalk huurders in die eenheid sit, maar hoe kan die direkteur van hierdie HOA hom voorkom om dit te doen, aangesien hy nie eers sy normale maandelike heffing betaal nie.
Die bedrag by hierdie eenheid is regtig baie [meer as R150 000.00] wat uitstaande is, dit is nou tesame met sy boetes.
Ek sal iemand se hulp baie waardeer.
Groete
Carna
Replies
You must login to post a reply.
RE: Verkoping / verhuring
Die okkupasiesetifikaat stel die woning amptelik gereed vir bewoning - daarsonder mag die woning nie gebruik word nie.
Daar is ook die kwessie van elektriese voldoeningsertifikaat.
Betrek die plaaslike boubeheer by die saak.
Normaalweg sal die statute van die HEV 'n klousule bevat wat die verkoop sonder uitklaringsertifikaat verhoed. Hierdie maatreël is in die akteskantoor geregistreer.
Waarom is julle dagvaarding en die gevolglike hofsaak onsuksesvol?
RE: Verkoping / verhuring
Hi!
Baie dankie vir jou reply! Ons hofsaak is nie onsuksesvol nie, ons kans is baie sterk om dit te wen, maar nadat ons gedagvaar het het die eienaar verdediging aangeteken, en toe hy voor die hof moes verskyn was hy in Duitsland, volgens sy prokureur. Maar die saak is net uitgestel. Ek het tog 'n baie tevrede gevoel oor die aangeleentheid....Show More
Carna


